Een van die belangrikste faktore wat ons
geestelike lewe beinvloed is gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid kan ons baie
duur te staan. Die Here verwag van ons absolute gehoorsaamheid en Hy verwag
selfs gehoorsaamheid van die winde en die see. Hy verwag ook dat die volke aan
Hom gehoorsaam sal wees : Gen 49:10 .. totdat Silo kom en aan Hom sal die volke
gehoorsaam wees.
Deur ongehoorsaamheid het die volgense
mense baie skade gelei:
- Adam en Eva :
Gen 3:17 .. Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou .. (en nie na my
gebod nie) .. vervloek is die aarde om jou ontwil.
- Saul : 1 Sam
15:23 Omdat jy die woord van die Here verwerp het , het Hy jou as koning
verwerp.
- Ongehoorsame
profeet : 1 Kon 13:21 Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die Here, maar
omgedraai en brood geeet het .. sal jy nie in die graf van jou vaders kom nie
.. toe kom ‘n leeu hom teë op die pad en maak hom dood.
- Israel : Jos 5:6
.. wat nie aan die stem van die Here gehoorsaam was nie; vir wie die Here
gesweer het dat hy hulle die land nie sou laat sien wat Hy hulle vaders met ‘n
eed beloof het nie.