Friday, July 13, 2012

Die Hart van die Mens

Die Here sê vir u en my in Pred. 23:26 My seun, gee my jou hart” Is dit ‘n kosbare of groot ding wat Hy van ons verlang ?

Wat is die hart :
Dit is ons hele wese
Dit is die slagveld van ons siele
Dit is die oorsprong van die sonde – want ons sondig na gedagtes woorde en werke
Dit is die oorsprong van die lewe. Spreuke 4:23 Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe.


Ons hart is egter van nature sleg :
Gen 6:55 Toe die HERE sien dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg was,
Job 15:12 WAAROM sleep jou hart jou weg?
Jer. 17:9 Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja,verdorwe is dit; wie kan dit ken?
Matt 15:18 Maar die dinge wat uit die mond uitgaan, kom uit die hart, en dit is dié wat die mens onrein maak.
Jak 1:8 so ’n dubbelhartige man, onbestendig in al sy weë.

Die Here wil ons harte hê om daarin te woon en dit te suiwer
Deut 5:29 Ag, as hulle maar so ’n hart gehad het om My te vrees en al my gebooie altyd te onderhou, dat dit met hulle en hul kinders vir ewig goed kan gaan. Jer. 17:10 Ek, die HERE, deursoek die hart,;
Jer. 24:7 En Ek sal hulle ’n hart gee om My te ken,
Eseg. 11:19 En Ek sal hulle een hart gee, en ’n nuwe gees in julle binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit hulle vlees verwyder en hulle ’n hart van vlees gee,

Die Here kyk nie na wat ons is of wat ons sê of wat ons doen nie, maar Hy kyk na ons harte.
1 Sam 16:7 Maar die HERE sê vir Samuel: Kyk nie na sy voorkoms en sy hoë gestalte nie, want Ek ag hom te gering. Want nie wat die méns sien, sien God nie; want die mens sien aan wat voor oë is, maar die HERE sien die hart aan.
1 Kron. 28:9 En jy, my seun Salomo, ken die God van jou vader en dien Hom met ’n volkome hart en met ’n gewillige siel, want die HERE deursoek al die harte, en Hy verstaan elke versinsel van die gedagtes.
Lev. 19:17 Jy mag jou broer in jou hart nie haat nie.
2 Sam. 6:16 Toe die ark van die HERE die stad van Dawid inkom, kyk Migal, die dogter van Saul, juis deur die venster en sien koning Dawid huppel en dans voor die aangesig van die HERE; en sy het hom in haar hart verag. En die Here het haar gestraf sodat sy nooit kinders kon hê nie.
Ps 15:2 Hy wat opreg wandel en geregtigheid doen, en wat met sy hart die waarheid spreek
Ps 28:3 Ruk my nie weg saam met die goddelose en saam met die werkers van ongeregtigheid nie; wat van vrede spreek met hulle naaste, maar daar is kwaad in hulle hart.

As die Here nie in ons harte kom woon nie word ons harte verhard
Ex. 7:13 Maar Farao se hart was verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie soos die HERE gespreek het.
Mark 6:52 Want hulle het by die wonder van die brode nie verstandig geword nie, omdat hulle hart verhard was.
Ons kan dus ook nie die Godspraak verstaan as ons harte hard is nieaangesien daar ‘n sluier oor ons lê. 2 Kor 3:15 Ja, tot vandag toe, wanneer Moses gelees word, lê daar ’n bedekking oor hulle hart;

Die skrif praat van ‘n paar gevalle waar die Here vir mense en sy volk ‘n nuwe hart gegee het.
1 Sam. 10:9,10  En net toe hy sy skouer draai om van Samuel af weg te gaan, het God sy hart verander, en al hierdie tekens het op dié dag uitgekom. Nadat hulle daar by Gíbea gekom het, ontmoet hom meteens ’n groep profete, en die Gees van God het oor hom vaardig geword, sodat hy onder hulle geprofeteer het.
1 Kon. 3:12 so doen Ek dan volgens jou woord: Kyk, Ek gee jou ’n wyse en verstandige hart, sodat een soos jy vóór jou nie gewees het en een soos jy ná jou nie sal opstaan nie.
Eseg. 18:31 Werp al julle oortredinge waardeur julle oortree het, van julle af weg en maak vir julle ’n nuwe hart en ’n nuwe gees; want waarom wil julle sterwe, o huis van Israel?
Eseg.36:26 En Ek sal julle ’n nuwe hart gee en ’n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ’n hart van vlees gee.
My eie geval waar ek gevra het vir ‘n sagte hart – en die droom gesig daarna
2 Kor 3:3 omdat julle duidelik ’n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.

Ons moet besef dat ons harte sleg is, dat ons dubbelhartig is en dat ons in ons harte sondig. Daarom moet ons dit ons taak maak om ons harte te ken.
1 Kon. 8:38 enige gebed, enige smeking wat enigeen van u hele volk Israel sal doen, as elkeen die plaag van sy hart ken, sodat hy sy hande na hierdie huis toe uitbrei

Selfs in die geval van die aarde (wat uitverkoop was onder die sonde) moes die Here sy hart verander. Matt 12:40 Want soos Jona drie dae en drie nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die aarde wees.

Die duiwel is listig en saai die onkruid on ons harte
Joh 13:2 En gedurende die maaltyd... die duiwel het dit al in die hart van Judas Iskáriot, die seun van Simon, ingegee om Hom te verraai.

deur P.K. Odendaal Des 2001

No comments:

Post a Comment