Sunday, July 15, 2012

Josef as Tipe van Die Here Jesus

Ons kan baie van wat in die eindtyd gaan gebeur aflei deur na die geskiedenis van Josef te kyk en dit te vergelyk met wat met die Here Jesus gebeur het. Josef word beskou as ‘n tipe van die Here Jesus en baie van wat met hom gebeur het was profeties oor  die lyde van die Here Jesus.
In plaas van om lang verduidelikings hieroor te gee gaan ek net die betrokke skrifte wat oor hulle twee lewens gaan aan te haal.

God het ingegryp om sy geboorte te bewerkstelling
Gen 30:22 En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en haar skoot geopen.
Matt 1:20 want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees;


Hy was ‘n skaapwagter.
Gen 37:2 Josef het as seun van sewentien jaar die kleinvee opgepas saam met sy broers.
Joh 21:16 Jesus se vir Petrus : Pas my skape op.
Joh 10:11 Ek s die goeie herder

Sy vader het hom die liefste gehad.
Gen 37:3 En Israel het Josef meer lief gehad as al sy seuns
Matt 3:17 Dit is my geliefde seun in wie ek ‘n welbehae het
Hy het ‘n droom gehad dat sy broers voor hom neerbuig.
Gen 37:9 En die son en die maan en elf sterre het hulle voor hom neergebruig.
Fillipense 2:10 sodat in die naam van Jesus sou buig elke knie

Sy vader het hom na sy broers gestuur en hy was dadelik gewillig.
Gen 37:13 Kom, laat ek jou na hulle toe stuur. En hy antwoord hom: Hier is ek!
Matt 21:34 Oplaas het hy sy seun na hulle gestuur

Hulle het listig raad gehou om hom dood te maak.
Gen 37:18 het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak
Matt 27:1 l die owerpriesters en die ouderlinge van die volk saam raad gehou teen Jesus om Hom dood te maak

Hulle het hom in ‘n put gegooi.
Gen 37:24 en hulle neem hom en gooi hom in die put.
Matt 27:60 en dit in sy nuwe graf gelê wat hy in die rots uitgekap het

Maar die put was leeg.
Gen 37:24 Maar die put was leeg;
Gen 37:29 Toe Ruben by die put terugkom, was Josef nie in die put nie!
Luk 24:3 En toe hulle ingaan, het hulle nie die liggaam van die Here Jesus gekry nie.
  
Hulle het gevra watter voordeel het sy dood vir hulle.
Gen 37:26 Watter voordeel is dit dat ons ons broer doodmaak
Joh 18:14 En dit was Kájafas wat aan die Jode die raad gegee het dat dit voordelig is dat een man vir die volk sterwe.

Hy is verkoop vir twintig sikkels silwer.
Gen 37:28 en Josef aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer
Matt 26:15 Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg.

Sy rok was vol bloed.
Gen 37:31 Toe neem hulle Josef se rok, en hulle slag ’n bok en steek die rok in die bloed,  
Openb 19:13 En Hy was bekleed met ’n kleed wat in bloed gedoop was
Hy het lank gereis om sy broers op te soek.
Gen 37:14 Gaan tog verneem na die welstand van jou broers en die welstand van die vee, en bring vir my berig terug
Lukas 19:12 ’n Man van hoë geboorte het na ’n ver land gereis om vir homself ’n koningskap te ontvang en dan terug te kom.

Hy is gevang en in die gevangenis gesit.
Gen 39:20 en die heer van Josef het hom laat vang en hom in die gevangenis gesit
Matt 26:57 EN die wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na Kájafas

Hulle was beide onskuldig.
Gen 40:15 en ek het hier ook niks gedoen dat hulle my in die gevangenis gesit het nie.

No comments:

Post a Comment