Saturday, July 14, 2012

Drie Stappe na die hel

 In Psalm 1 verskyn die sleutel tot ons insig in die proses wat ons probeer hel toe sleep.

Hy wat wandel in die raad van die goddelose (dit is om die weg van Kain te bewandel) – m.a.w. wat nie die Here se raad aannem nie.

Hy wat staan op die weg van die sondaars – m.a.w. nie die weg van die here bewandel nie.

Sit in die kring van die spotters – m.a.w. nie die gemeenskap van die heiliges soek nie.

Daar was drie stappe.


Hierdie persoon het eers gewandel, toe gestaan en toe gaan sit. (onder die
las van die satan) m.a.w. die weg na die hel word al stadiger totdat jy
inmekaarsak onder die las van die duiwel. Hier is geen versnelling en gees
spoed nie – ook geen hoop nie.

Hierdie drie stappe word ook in die voorbeeld van Agan uitgebeeld. Agan .. Jos
7:21 : Ek het gesien, begeer en geneem.  Weer drie stappe

Die drie stappe word ook uitgebeeld in Judas 1.11. Hulle het die weg van Kain
bewandel. Hulle het hulself in die verleiding van Bileam gestort. (soos die 
begeerte van Agan) en omgekom in die verset van Korag.

Die weg van Kain was aards, aardse goedere, moord, jaloesie, opstandigheid,
toegee aan die sonde, nie omgee vir jou broer nie, ontkenning van wat jy 
gedoen het, selfbejammering toe die Here hom vonnis.

Die verleiding van Bileam was mense-eer, geld en rykdom, ongehoorsaamheid
aan die Here.

Die verset van Korag was ‘n verset teen die Here en sy gesalfdes. Hulle het 
manne opgesteek om op te staan teen Moses (250 man van hulle) , wou nie 
hê Moses moet oor hulle baas speel nie, ongehoorsaam aan gesag en aan die 
Heilige Gees, Vreemde vuur (valse vrede)

Judas het ook gesit in die kring van die spotters .. wat wil u my gee om Hom 
aan u oor te lewer.

Absalom het gewandel in die raad van die Goddelose (Agitofel)

No comments:

Post a Comment