Sunday, July 15, 2012

Die Wet en die Heilige Gees

Een van die oudste sluiers wat die vyand ons mee bind is die wet, omdat ons so gewoond is aan wette en die Bybel ook vol is van wette. Ons voel dat ons darem aan die regte kant van die wet is, dan is ons OK.

Die skrif sê in Gal 2:21 – Want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Chrtistus verniet gesterwe.

Rom 7: 6 - Maar nou is ons ontslae van die wet waardeur ons gebonde was, aangesien ons dit afgesterf het, sodat ons dien in die nuwigheid van die Gees en nie in die oudheid van die letter nie.
Gal 5:18 sê die skrif Maar as julle deur die Gees gelei word, dan is julle nie onder die wet nie.
Die wet is volmaak, maar dit het skeiding en vyandskap tussen God en die mens gebring wat die Here Jesus deur sy dood moes afbreek.


Efes 2:15 - Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het
15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep
16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

Ons wandel in die leiding van die Heilige Gees, maar ons moet daaroor waak om nie die leiding van die Heilige Gees opnuut ‘n wet te maak en daardeur weer vyandskap en skeiding tussen ons en die Vader te bring nie. Dis is net menslik om die leiding van die HG in wette om te sit en die beste voorbeeld hiervan is Moses (DIE WET SELF!).

God sê vir Moses dat hy die rots een maal moes slaan om water te kry. (Num 20:11). Toe daar weer nie water was nie, het God gesê Moses met met die rots spreek, maar Moses het onthou dat daar water uit die rots gekom het voorheen toe hy die rots geslaan het en het dit sommer tweemaal gedoen om seker te maak. Dit het wel gewerk, maar dit was nie die Leiding nie.

So moet ons versigtig wees om nie ou oplossings vir ou probleme te vind nie, maar elke keer as ‘n nuwe ondervinding met die Here sy leiding te volg. Hierdie verknogtheid aan ou oplossings bedroef die HG in ons.


No comments:

Post a Comment