Friday, July 13, 2012

Die Storms in ons Lewe

Ons lewe is 'n reistog wat deur storms geteister word en ons kan dit nie alleen aandurf nie.
Dit kan vergelyk word met 'n skip- of vliegtuigrit. Dis maklik om 'n skip of vliegtuig te bestuur, maar net stuurmanne wat gesout is deur storms kan dit oorleef of veilig vir ons maak.

Die Here Jesus is vir ons soos 'n gesoute stuurman, wat alles alreeds gely en oorwin het, wat storms ken en alreeds baie van hulle stilgemaak het. Ons merk egter baiekeer nie op dat die Here aan die stuur is nie, maar ons moet dit glo. Het U al ooit in 'n bootrit of vliegrit die stuurman gesien terwyl die rit aan die gang is.... nee, maar mens weet daar is iemand êrens in 'n stuurkajuit besig om die storms namens ons - die reisigers - te trotseer.


Baie storms kan ons tref soos in :
1 - Job 1:19  ... toe daar meteens ‘n groot wind oor die woestyn kom wat die huis aan die vier hoeke gryp; en dit het op die jongmense geval, sodat hulle gesterf het; en net ek alleen het ontvlug om u dit te vertel.
2- Isa 40:24  skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars wortel hulle stam in die grond, of Hy blaas op hulle, sodat hulle verdor, en die storm voer hulle weg soos ‘n stoppel.
3- Isa 54:11  Jy, ellendige, deur storm gejaagde, ongetrooste! Kyk, Ek lê jou stene in sierklei, en Ek grondves jou in saffiere;
4- Jona 1:4  Maar die HERE het ‘n sterk wind op die see gewerp, en toe daar ‘n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.
5- Nah 1:3  Die HERE is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die HERE ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete.
6- Job 40:6  (40:1) En die HERE het Job uit ‘n storm geantwoord en gesê:
7- Psa 50:3  Onse God kom en kan nie swyg nie. Vuur verteer voor sy aangesig, en rondom Hom storm dit geweldig.

Die storms maak dat ons nie reguit na ons bestemming kan gaan nie en 'n goeie stuurman neem jou nie deur die senter van die storm nie. Ons weg lyk dus baie dae soos die Israeliete s'n wat op stadiums heeltemal weg van Kanaan af was. Ons moet egter deur baie van hierdie storms gaan, want ons moet vertroue en geloof in die Groot Stuurman leer, en ons moet ons onnodige bagasie oorboord gooi.

As voorbeeld dink ek aan Horatio Spafford wat ten spyte van die verlies van sy besigheid en vyf kinders nog die liedjie kon gaan skryf : 'It is well with my soul' - sien sy biografie 

Die liedjie is so mooi dat ek dit hier in geheel herhaal :
When peace, like a river, attendeth my way,
When sorrows like sea billows roll;Whatever my lot, Thou hast taught me to say,It is well, it is well with my soul.
Though Satan should buffet, though trials should come, Let this blest assurance control, That Christ hath regarded my helpless estate, And hath shed His own blood for my soul.
My sin, oh the bliss of this glorious thought! My sin, not in part but the whole,Is nailed to His cross, and I bear it no more,Praise the Lord, praise the Lord, O my soul!
For me, be it Christ, be it Christ hence to live:If Jordan above me shall roll, No pang shall be mine, for in death as in life Thou wilt whisper Thy peace to my soul.
And Lord haste the day, when my faith shall be sight,The clouds be rolled back as a scroll;The trump shall resound, and the Lord shall descend, Even so, it is well with my soul.
(Refrain:) It is well (it is well),with my soul (with my soul), It is well, it is well with my soul.

Baie keer kry ons dieselfde storm oor en oor omdat ons op die storm let en nie op die stuurman nie. Ons moet 'n staande gebed bid ... dat die storms nie tevergeefs oor ons sal gaan nie.

Maar daar is soveel voorbeelde van waar die Here in die storm is en in beheer is, dat ons nie hoef te vrees nie :
1- Ps. 106:9  En Hy het die Skelfsee gedreig, sodat dit opgedroog het, en hulle deur die watervloede laat gaan soos deur ‘n woestyn.
2- Nah 1:4  Hy dreig die see en maak dit droog.
3- Psa 107:28  Toe het hulle die HERE aangeroep in hul benoudheid, en uit hul angste het Hy hulle uitgelei. v.29  Hy het die storm ‘n gesuis gemaak, en hulle golwe het stil geword. v.30 Toe was hulle bly, omdat dit rustig geword het, en Hy het hulle gelei na die hawe van hul begeerte.
4- Mar 4:38  Maar Hy was agter op die skuit aan die slaap op die kussing. En hulle het Hom wakker gemaak en vir Hom gesê: Meester, gee U nie om dat ons vergaan nie? v.39 En Hy het opgestaan en die wind bestraf en vir die see gesê: Swyg, wees stil! En die wind het gaan lê, en daar het ‘n groot stilte gekom. v.40 Toe sê Hy vir hulle: Waarom is julle so bang? Hoe het julle dan geen geloof nie?
5- Ek kan vertel van my eie noue ontkoming een aand in die vliegtuig toe die Here ook die storm vir my stil gemaak het.

Ons probleem is gewoonlik dat ons nie die Here herken in die storm nie.
As voorbeeld kan ons kyk na Mat 14:26  En toe die dissipels Hom op die see sien loop, word hulle ontsteld en sê: Dit is ‘n spook! En hulle het geskreeu van vrees.
Ons sien wel die Here vir 'n sppok aan maar herken hom nie as die een wat kom om ons te red nie.

Daar is die mooi liedjie wat ons altyd kan sing as ons onsself in 'n storm bevind : 'With Christ in the vessel I can smile at the storm.'

 – deur P.K. Odendaal Mei. 2000 – Gewysig Feb 2009


No comments:

Post a Comment