Saturday, July 14, 2012

Guns en Genade

Ek het die afgelope 4 getuienisse gepraat oor vriendskap met die Here en hoe meer ek daaroor dink hoe meer besef ek die seëninge van vriendskap met Hom.

Genade is ‘n uitkoms uit benoudheid en guns is ‘n geskenk onverdiend en onverwags. Spr. 22:1  ‘n Naam is verkiesliker as groot rykdom, guns beter as silwer en as goud.
 As ek genade in die skrif beskou dan sien ek dit word hoofsaaklik aan sondaars bewys en guns word aan vriende bewys – en ons ken dit ook so in ons daaglikse lewe. Ek wil dus poog om guns van die Here en van mense te ontvang en daarom moet ek guns aan die Here en aan mense bewys.


As mens kyk na Judas Iskariot dan kan ons as mense miskien ander beskuldigings teen hom inbring, maar ek sien onverwags dat die skrif net een groot beskuldiging teen hom inbring en dit is … Ps. 109:16 omdat hy nie daaraan gedink het om guns te bewys nie, maar die ellendige en behoeftige man vervolg het en die moedelose van hart, om hom dood te maak.

Die Here het verwag dat Judas aan Hom guns moet bewys omdat hy ‘n vriend van die Here was … Joh 15:15  … Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het.
Ons lees in die mooi stuk oor Dawid en Mefiboset dat Dawid guns aan sy vriend Jonatan wou bewys en het Mefiboset (Jonatan se kreupel seun) in sy huis geneem en sy hele lewe vir hom gesorg. Hierdie is ‘n profetiese vooruitsig dat die Vader ons guns bewys ter wille van sy Seun.

2Sa 9:1  En Dawid het gesê: Is daar nog iemand oor van die huis van Saul, dat ek aan hom guns kan bewys ter wille van Jónatan?
Ek wil ‘n voorbeeld gee van 4 mense wat hulle lewens kon gespaar het as hulle ‘n guns aan iemand bewys het toe hulle kon.

Nabal : 1Sa 25:4  Toe Dawid in die woestyn hoor dat Nabal sy skape skeer,
1Sa 25:5  stuur Dawid tien jongmanne, en Dawid sê aan die jongmanne: Trek op na Karmel en gaan by Nabal in en vra hom in my naam na die welstand;
1Sa 25:6  en so moet julle aan die welvarende sê: Mag dit goed gaan met u sowel as met u huis, en goed gaan met alles wat u besit.
1Sa 25:7  En nou, ek het gehoor dat u skeerders het; nou ja, u wagters was met ons saam; ons het hulle nie beledig nie, en hulle het ook niks vermis al die dae wat hulle in Karmel was nie.
1Sa 25:8  Vra u dienaars, en hulle sal u dit te kenne gee; laat dus die jongmanne guns vind in u oë, want ons het op ‘n vrolike dag gekom; gee tog wat u byderhand het aan u dienaars en aan u seun Dawid.
1Sa 25:10  Maar Nabal het die dienaars van Dawid geantwoord en gesê: Wie is Dawid? En wie is die seun van Isai? Daar is vandag baie dienaars wat hulle losskeur, elkeen van sy heer af.
1Sa 25:11  Sou ek dan my brood en my water en my slaggoed wat ek vir my skeerders geslag het, neem en aan manne gee van wie ek nie weet waar hulle vandaan kom nie?
1Sa 25:12  Daarop het die jongmanne van Dawid omgedraai op hulle pad, hulle het teruggekeer en aangekom en hom berig gebring volgens al hierdie woorde.
1Sa 25:37  Maar die môre vroeg toe die wyn Nabal verlaat het, deel sy vrou hom dié dinge mee. Daarop het sy hart in sy binneste gesterwe en was hy soos ‘n klip.
1Sa 25:38  En ná omtrent tien dae het die HERE Nabal getref, sodat hy gesterf het.

 Agitofel:
2Sa 16:23  En die raad wat Agitófel in dié dae gegee het, was asof ‘n mens die woord van God geraadpleeg het. So was elke raad van Agitófel vir Dawid sowel as vir Absalom.
2Sa 17:23  En toe Agitófel sien dat sy raad nie opgevolg is nie, saal hy die esel op en maak hom klaar, en hy het na sy huis in sy stad gegaan en aan sy huis bevel gegee en homself gewurg. So het hy dan gesterwe;

Simei: (teenoor Dawid)
2Sa 16:5  En toe koning Dawid tot by Bahúrim gekom het, kom daarvandaan juis ‘n man te voorskyn uit die geslag van die huis van Saul met die naam van Símeï, die seun van Gera; hy het uitgekom en gedurigdeur gevloek
2Sa 16:6  en Dawid en al die dienaars van koning Dawid met klippe gegooi, alhoewel al die mense en al die helde aan sy regter— en aan sy linkerkant was.
2Sa 16:7  En dit het Símeï gesê terwyl hy vloek: Weg, weg, jou bloedvergieter en jou deugniet!
2Sa 16:8  Die HERE het al die bloed van die huis van Saul, in wie se plek jy koning geword het, op jou laat neerkom; en die HERE het die koningskap in die hand van jou seun Absalom gegee, en hier is jy nou in jou ongeluk, omdat jy ‘n bloedvergieter is.
1Ki 2:44  Verder sê die koning vir Símeï: Jy ken self al die boosheid waar jou hart van weet, wat jy my vader Dawid aangedoen het; daarom laat die HERE jou boosheid op jou eie hoof neerkom.
1Ki 2:45  Maar mag koning Salomo geseënd wees en die troon van Dawid bevestig word voor die aangesig van die HERE tot in ewigheid!
1Ki 2:46  Daarop gee die koning bevel aan Benája, die seun van Jójada: dié het uitgegaan en op hom aangeval, sodat hy gesterf het

Joab (teenoor Abner en Amaasa)
1 Kon. 2:5  En jy weet ook self wat Joab, die seun van Serúja, my aangedoen het; wat hy die twee leërowerstes van Israel, Abner, die seun van Ner, en Amása, die seun van Jeter, aangedoen het; hoe hy hulle vermoor en oorlogsbloed in vredestyd vergiet het, sodat hy die gord wat om sy heupe en die skoene wat aan sy voete was, met oorlogsbloed bevlek het.
1Ki 2:29  En aan koning Salomo is meegedeel: Joab het gevlug na die tent van die HERE, en kyk, daar is hy by die altaar! Toe laat Salomo aan Benája, die seun van Jójada, weet: Gaan heen, val op hom aan.
1Ki 2:30  Daarop het Benája by die tent van die HERE gekom en vir hom gesê: So spreek die koning: Kom uit. Maar hy sê: Nee, want hier wil ek sterf. En Benája het die koning ‘n antwoord gebring en gesê: Só het Joab gespreek, en só het hy my geantwoord.
1Ki 2:31  Toe beveel die koning hom: Doen soos hy gespreek het: val op hom aan, en begrawe hom, sodat jy die onskuldige bloed wat Joab vergiet het, van my en my vader se huis af verwyder;
1Ki 2:32  en dat die HERE sy bloed op sy eie hoof laat neerkom, omdat hy op twee manne, regverdiger en beter as hy, aangeval en hulle met die swaard vermoor het sonder medewete van my vader Dawid: Abner, die seun van Ner, die leërowerste van Israel, en Amása, die seun van Jeter, die leërowerste van Juda;

 Doeg – die Edomiet
1Sa 22:9  Daarop antwoord Doëg, die Edomiet, wat by die dienaars van Saul staan, en sê: Ek het die seun van Isai sien kom in Nob by Ahiméleg, die seun van Ahítub.
1Sa 22:10  En dié het vir hom die HERE geraadpleeg en hom padkos gegee; hy het ook die swaard van Góliat, die Filistyn, aan hom gegee.
1Sa 22:11  Toe stuur die koning om Ahiméleg, die seun van Ahítub, die priester, met sy hele familie, die priesters wat in Nob was, te roep, en hulle het almal na die koning gekom.
1Sa 22:12  En Saul het gesê: Luister tog, seun van Ahítub! Toe antwoord hy: Hier is ek, my heer!
1Sa 22:13  En Saul sê vir hom: Waarom het julle teen my saamgesweer, jy en die seun van Isai, deurdat jy vir hom brood en ‘n swaard gegee het en God vir hom geraadpleeg het, sodat hy hom as iemand wat my voorlê, teen my sou versit soos vandag die geval is?
1Sa 22:14  Toe antwoord Ahiméleg die koning en sê: Maar wie is onder al u dienaars so getrou soos Dawid, wat skoonseun van die koning is en aangesluit het by u lyfwag en geëerd is in u huis?
1Sa 22:15  Het ek vandag vir die eerste keer God vir hom geraadpleeg? Dit is ver van my! Die koning moet nie op sy dienaar, op my hele familie, iets lê nie; want u dienaar het van hierdie hele saak, klein of groot, niks af geweet nie.
1Sa 22:16  Maar die koning sê: Ahiméleg, jy moet sekerlik sterwe, jy en jou hele familie.
1Sa 22:17  En die koning sê aan die hardlopers wat by hom staan: Tree nader en maak die priesters van die HERE dood, omdat hulle hand ook met Dawid saam is en omdat hulle geweet het dat hy vlug en dit nie aan my geopenbaar het nie. Maar die dienaars van die koning wou hulle hand nie uitsteek om op die priesters van die HERE aan te val nie.
1Sa 22:18  Daarop sê die koning vir Doëg: Tree jy nader en val op die priesters aan. Toe tree Doëg, die Edomiet, nader en hy val op die priesters aan; en hy het op dié dag vyf en tagtig man wat die linneskouerkleed dra, gedood.

Lees Ps. 52 ! Ook van ‘n paar mense wat guns ontvang het omdat hulle vriende van die Here of sy volk was.

Toe Lot vlug het die Here hom in guns aangeneem en nie die stad waarheen hy wou vlug laat vergaan nie.
Die Here het guns aan Josef verleen in die oëvan die owerste van die gevangenis en hom oor die gevangenis aangestel.
1 Sa 15:6  sê Saul vir die Keniete: Gaan weg, verwyder julle, trek af onder die Amalekiete uit, dat ek julle nie met hulle saam wegruim nie; want julle het guns bewys aan al die kinders van Israel by hulle optog uit Egipte. Toe het die Keniete hulle verwyder …
Job 42:8  Neem dan nou vir julle sewe bulle en sewe ramme, en gaan na my kneg Job en bring ‘n brandoffer vir julle, en laat my kneg Job vir julle bid; want hom alleen sal Ek in guns aanneem, sodat Ek aan julle nie die dwaasheid laat vergelde nie
Job 42:9  Toe het Élifas, die Temaniet, en Bildad, die Suhiet, en Sofar, die Naämatiet, heengegaan en gedoen soos die HERE aan hulle gesê het; en die HERE het Job in guns aangeneem.
Job 42:10  En die HERE het die lot van Job verander toe hy vir sy vriende gebid het; en die HERE het Job se besittings vermeerder tot dubbel soveel as voorheen.

Salomo 1Ki 3:13  Ja, selfs wat jy nie begeer het nie, sal Ek jou gee, rykdom sowel as eer, sodat onder die konings niemand soos jy sal wees al jou dae nie.
Ons is so traag om guns aan mekaar te bewys.
Josef vra in Gen 40:14 .. en bewys my tog ‘n guns en maak melding van my by Farao en bring my uit hierdie huis uit; .. mar hy vergeet heeltemal daarvan.
Gideon verlos Israel van die Midianiete, maar .. Jdg 8:35  En hulle het geen guns bewys aan die huis van Jerúbbaäl, dit is Gídeon, vir al die goed wat hy aan Israel gedoen het nie.
Sa 10:2  Toe sê Dawid: Ek wil guns bewys aan Hanun, die seun van Nahas, soos sy vader aan my guns bewys het. Daarom het Dawid gestuur om hom deur sy dienaars oor sy vader te troos. Toe die dienaars van Dawid dan in die land van die kinders van Ammon kom,
2Sa 10:3  het die vorste van die kinders van Ammon aan Hanun, hulle heer, gesê: Eer Dawid u vader in u oë, omdat hy vir u troosters gestuur het? Het Dawid nie sy dienaars na u gestuur om die stad te deursoek en dit te verken en dit om te keer nie?
2Sa 10:4  Daarop neem Hanun die dienaars van Dawid en skeer die een helfte van hulle baard af en sny hulle klere in die helfte af, tot by hulle sitplekke; en hy het hulle laat gaan.

Die uiteinde van die saak … 2Sa 10:18  Maar die Arameërs het vir Israel gevlug, en Dawid het van die Arameërs sewe honderd trekperde en veertig duisend ruiters gedood, en Sobag, die leërowerste, so gewond, dat hy daar gesterf het

Gal 6:10  Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof.


  

No comments:

Post a Comment