Sunday, July 15, 2012

Die Koningkryk van God

In die begin het God die Hemel en aarde gemaak – hoe ? Hoë energie lig is soo vogtige lug wat wolke vorm as dit afkoel ens. Lig is die sewe geeste van God en God is lig. Openb 5:6
God het heerskappy op die aarde verloor deur die slang in die paradys en deur sonde in die mens. Die Duiwel wou soos God wees en is van die godeheuwel afgegooi – net so het hy die mens aangehits om soos God te wees (Gen 3:5 maar God weet dat as julle daarvan eet, julle oë sal oopgaan, sodat julle soos God sal wees deur goed en kwaad te ken.) en die mens is uit die godeland verban.


God moes weer heerskappy herwin en daarvoor het hy sy seun gestuur. Lukas 19:12
Hy kon ons nie weer maak nie – maar hy kon ons laat weergebore word en hy kon ons koop. Verhaal van seuntjie wat sy motortjie gemaak en gekoop het.  Ons was nou tweekeer syne.

In Openb 19:6 sien ons die oomblik waar God hierdie koningskap aanvaar het.
Sien ook Openb 12:10 Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus; want die aanklaer van ons broeders is neergewerp, hy wat hulle aanklaag voor onse God, dag en nag. Hierdie koningskap gee die Here Jesus weer terug aan die Vader :
1 Kor 15:24-26 Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as Hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want Hy moet as koning heers totdat Hy al sy vyande onder sy voete gestel het. Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood.

Sy seun was inderdaad hyself wat aarde toe gekom het .
Jes. 9:5 Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors –

En Kol 2:9 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik;
 ‘n Koningkryk het vlakke van gesag. Daar is konings, prinse, heersers of wêreldheersers. Ons gaan konings wees want ons gaan saam met Hom regeer as konings vir 1000 jaar. Daarna gee die Here Jesus die gesag weer terug na God. Op die oomblik het ons(wat in Hom is) dus die gesag om namens God op te tree.

Ons moet gesag aanvaar en respekteer, want dit is deur God daar gestel.
Hebr. 13:17 Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.

Ons moet ook nie rebelleer teen God nie want ons kan nie – as ons eers ons wil aan Hom oorgegee het dit weer terugneem nie. Geen veldslag kan so gewen word nie.

No comments:

Post a Comment