Sunday, July 15, 2012

Genade onbeskryflik groot

Ek wil graag ‘n loflied aanhef oor die onbeskryklike groot genade wat ons deel geword het deur die redding van ons siele.

Die skrif sê : Efes 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
1 Joh 3:1 KYK wat ’n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word! Ons het dus deur ons wil aan die Here oor te gee onbeskryflik baie ontvang – dink daaraan, die redding van ons siele, die gemeenskap met die Vader en sy seun, ‘n erfporsie wat nie oortref kan word nie en die voorreg om kinders van die Allerhoogste te wee. En by dit alles nog bewaring teen die wêreld se smart en ellende. Dink aan die alkoholisme, verdowingsmiddels, beheptheid met mag en geld, redeloosheid, gierigheid. – dit alles bewaar die Here ons van.


Ons wêreld is een van oorsaak en gevolg. ‘n Ander wêreld sonder oorsaak en gevolg sou onsinnig wees en die enigste sinvolle wêreld is een van oorsaak en gevolg. Hierdie oorsaak en gevolg is op goeie en slegte dinge en ons wat van nature geneig is tot die slegte kan hierdie wet ook aanhaal as : dade en vergelding. In Rom 1:27 praat die skrif van mense wat  :” manne .... het in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang.

Ek moet baie keer vrae antwoord oor hierdie aspek. Mense in die wêreld sê dat hulle glo nie in die Here nie want ‘n liefdevolle God sal nie die smart en lyding in die wêreld kan aanskou en dit so laat aangaan sonder om iets daaraan te doen nie. Voorheen kon ek hulle nie antwoord nie of wou ek hulle nie antwoord nie, want ek sou vir hulle moes sê (met twyfel in my hart) dat hulle die noodwendige vergelding van hulle dade ontvang het, maar dit raak al hoe meer duidelik vir my dat dit die enigste antwoord kan wees.

Hoekom tref meeste van hierdie plae ons as kinders van God nie, want baie van ons dade is ook verkeerd of selfs boos. Die enigste antwoord wat ek hierop kan vind is Ps. 91 : 1 - HY wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, sal vernag in die skaduwee van die Almagtige.

Waar is die skuilplek van die Allerhoogste. Want Hy steek my weg in die skeur van die rots wat staan in ‘n ver dorstig land. (Dit beteken dat die Rots daar is waar die die beproewing is).

Hoe kan ons daardie genade deelagtig word ? 1 Kor 1:3 - Ek dank my God altyd oor julle vir die genade van God wat aan julle in Christus Jesus gegee is,  (en)
1 Petrus 1:13 - DAAROM, omgord die lendene van julle verstand, wees nugter en hoop volkome op die genade wat julle deel word by die openbaring van Jesus Christus.

Waarom het ek dan deelgenoot aan hierdie genade geword ?

Open 3:20 – Kyk ek staan by die deur en klop. Dit is ‘n deur wat net ek en u kon oopmaak, maar ook daarin het ons groot genade gevind om te kon oopmaak. Wanneer ons tot die besef van ons verlorenheid en onbeholpenheid kom, kom die HG ons dadelik tegemoet om ons voor te berei om te glo, om die deur oop te maak, om die Here te erken vir wat hy is en om ja te sê. Hierdie 4 stappe kan ons slegs deurgaan deur die tussenkoms en voorbereiding van die HG, want dit kan ons nie deur onsself doen nie – dis alles gawes van die HG. Hoe onbeskryflik groot word die ganade dan nie nou nie. 
en
Joh 3:16 – Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. 17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.

Ons doen ook verkeerde dinge en verwag dan dat die Here die onheil oor ons sal afkeer of vir ons afslag sal gee, en die Here doen dit, maar watter groter genade kan ons nie ontvang as ons luister na die stem van sy Heilige Gees om nie in die slagyster van die duiwel te trap nie. As ons wel oortree dan word die genade nog meer, maar Paulus maan in Rom 5:20 tot 6:1 - en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword; 21 sodat, soos die sonde geheers het in die dood, so ook die genade kan heers deur die geregtigheid tot die ewige lewe deur Jesus Christus, onse Here. 6 WAT sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? 2 Nee, stellig nie!

Hy vergewe ons sondes sonder om weer daaraan te dink. Is dit nie ‘n groot genade nie ?

No comments:

Post a Comment