Sunday, July 15, 2012

Lofsang op Liefde

Toe ek hierdie getuienis vir die eerste maal gegee het het die verantwoordelike broer gesê hy het gebid dat die Here my oortuig om oor sy liefde te praat. Ek het toe 'n droomgesig gehad waarin die Here vir my sê dat Hy die mensdom so lief het dat toe die here Jesus gebore is het hy niks uitrewy oor sy wonderlike gearrdheid en dade nie maar die engelekoor in die veld het gesing - Vrede op aarde en in die mense 'n welbehae - (en dit terwyl ons Hom nog vyandiggesind was.) Die engele sing - in die mense 'n welbehae - bekeerdes on onbekeerdes.

Die wêreld daarbuite sê hoe kan God 'n God van liefde wees as daar soveel smart en lyding is. Die argument is nie reg nie. God gee my 'n baie goeie motor en wens my 'n aangename reis op die teerpad na die nuwe Jerusalem toe, maar as ek langs die weg die pad byster raak en die voertuig afskryf is dit nie God se skuld nie.

Dit is ook duidelik volgens Joh. 3:16 - So lief het God die wêreld gehad. Die wêreld wys op bekeerdes en onbekeerdes.Die beste samevatting van die aard van God se liefde verskyn in 1 Joh 4:7-21. Lees. GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.8 Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. Dit is ook die opskrif van hierdie gedeelte. God is liefde beteken nie dat God liefhet nie - dit beteken dat liefde hyself is. Dit is sy wese en ons kan sleg liefhê as ons die wese van God het (sy Heilige Gees). 

Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê. Sy liefde het slegs in ons volmaak geword as ons mekaar liefhet. Ons het ook die vrymoedigheid in die oordeelsdag (vers 17) want die liefde sluit nie straf in nie. Ons het Hom ook lief omdat Hy ons eerste liefgehad het. Ons kan Hom slegs liefhê indien Hy sy Gees eers in ons gesit het - dit gee ons die vermoë om Hom lief te hê.

Liefde sluit vernedering in. Die Here Jesus het Homself verneder op die kruis (Filipense 2:8) .. het Hy homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe. Sien ook die gelykenis van die barmhartige samaritaan. Ook die belofte in Mat 18:4 - elkeen wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die Hemele. Sien ook Hand 8:33 - In sy vernedering (Jesus) is sy oordeel weggeneem. ! Is ek bereid om myself te verneder om iemand anders goed te doen?

Ek behoort nie teenoor iemand op te tree as ek dit nie in liefde kan doen nie. Al moet ek hard met iemand wees - doen dit in liefde en die liefde sal 'n menige sondes bedek.
Om terug te kom tot Job. Job soek God om sy reg teenoor God te bewys. In Job 40:11-14 sê God vir Job dat as hy dan nou die heelal wil regeer - doen die volgende: Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.

Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan. Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in ’n verborge plek weg. Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee. Dit lyk vir my asof God vir Job sê - vernietig jy dan die goddelose want ek kan nie - ek het hulle te lief.

Rom 8:31 - Wie sal my skei van die liefde van Christus. Hy bedoel NIKS nie. Is ek bereid om geskei te word van die liefde van Christus net om 'n paar keer op te trek - is dit die moeite werd.

Tim 1:5 Die doel van die gebod is die liefde. Dit mag nie so lyk nie, maar in die ou tyd het die mense gemoor en gebuit totdat God gesê het NET een oog vir 'n oog.

Paulus skryf as begin van sy opsomming in Hebr 13:1 - Die broederliefde moet bly. En in 1 Joh 3:1 staan daar : Kyk hoe groot liefde die Vader aan ons bewys het dat ons kinders van God genoem kan word.!

No comments:

Post a Comment