Monday, July 2, 2012

Vrugte van die Gees - Reeks 1



Ons eerste Afrikaanse Bybelstudiegidsboek vir kinders is hier!

Die boek is die eerste in ons reeks, en die tema is:

"Vrugte van die Gees"


Die tema word versterk deur verskeie Bybelverhale in 20 lessies oor 'n 90 bladsye, volkleur illustrasies, en aktiwiteite om te doen na elke lessie.  Daar is ook plek vir notas by elke les wat in 'n A5 formaat aangebied word, asook 'n sertifikaat van voltooïng aan die einde.

Hierdie boek is geskryf sodat kinders hulle eie Bybelstudieboek kan hê om op hulle eie, in ‘n groep, of met ‘n onderwyser/es deur te werk, om hulle oor die Bybel te leer. 


Die lessies word op so manier voorgelê dat dit:

(a) nuuskierigheid kweek en 'n liefde vir Jesus en sy Woord ontwikkel, 

(b) hulle Bybelstories kan leer en versies memoriseer, 


(c) hulle Bybelwaarhede en waardes ontdek, en 

(d) hulle leer dat die hele Bybel kruisverwysings tussen die Ou en Nuwe Testament oor sekere temas en waardes bevat, en die belangrikheid daarvan in hulle daaglikse lewe.

Hierdie lessies is generies geskryf met geen spesifieke ouderdomsgroep in gedagte nie, en is maklik aanpasbaar vir enige ouderdomsgroep. Ons het dit met groot sukses vir 3-15 jaar oue kinders gebruik. Ons vind dit spesifiek geskik vir kleiner Sondagskoolgroepies, Bybelstudiegroepies, en veral vir tuisonderrig, waar meer as een ouderdomsgroep in een klas kan wees. 

Hoe bestel ek 'n boekie?

Jy kan op ons webtuiste, facebook blad, Bestelvorm, of hieronder 'n bestelling plaas.


Bestel nou! 


Kliek hier vir 'n papierboek order OF - Kliek hier vir Bestelvorm en EFT betaling. (Hierdie opsie is slegs in Suid Afrika beskikbaar. Aflewering is binne 1 week vanaf betaling.)



Click here for your e-book order (english) (a link will be send to your e-mail after payment is done)


Ander boeke beskikbaar: 
Hou ‘n ogie op ons webtuiste www.whatafriend.co.za en facebook vir nog temas in hierdie boekereeks later in die jaar. Ook beskikbaar in Engels.

Die storie agter die Boekies:

Van kleins af was ek lief vir die Bybel, en al die stories daarin. As ek aan my kinderdae dink, kan ek nie aan ‘n aand dink wat my ma nie vir ons ‘n Bybelstorie in die bed gelees het nie. Nodeloos om te sê dat Sondagskool my gunsteling tyd van die week was!

Alhoewel my ouers elke Sondag kerk toe gegaan het om my Sondagskool toe te bring, het hulle werklik eers kragdadig tot bekering gekom toe ek nege jaar oud was. Die Here het hulle toe na 'n ander kerk gelei, waar die Heilige Gees gewerk het, en  'n mens geestelik kon groei.

Ek kon dit natuurlik op daardie ouderdom nie verstaan nie, en was mal oor die Sondagskool waarin ek was. My ouers het my toe vir die volgende twee maande elke Sondag by ons ou kerk gaan aflaai, dan hulle nuwe kerk bygewoon, en my weer na Sondagskool kom oplaai.

Een Sondag, op pad kerk toe, vra my pa my of ek nie maar net die nuwe kerk wil kom probeer nie. Hulle het ook 'n Sondagskool, en hy is seker ek sal baie gelukkig daar wees. Ek wou nie maklik ingee nie, maar my pa het my toe belowe dat as ek die nuwe Sondagskool net een kans gee, en nie daarvan hou nie, hy my vir altyd sal aanry na my ou Sondagskool toe, en my nooit weer sal vra om na hulle kerk s'n toe te kom nie. Dit het nie te sleg geklink nie, en al was ek 'n kind, het ek onderhandeling verstaan, en geredeneer een keer sou my nie doodmaak nie, solank my pa my net weer na die ou Sondagskool sou terugneem.

Daardie volgende Sondag gaan ek toe onder protes saam met hulle na die nuwe kerk, en nuwe Sondagskool toe. Bietjie tranerig, nie lus vir die nuwe mense nie, en oortuig ek gaan volgende Sondag by my ou klassie terug wees. Min het ek geweet dat die Here ‘n afspraak met my gehad het, en dat ek daardie dag 'n werklike ontmoeting met die Here sou hê, en vir die eerste keer in my lewe die krag van die Heilige Gees sou ervaar. Dit was 'n Sondagskoollessie wat ek na 30 jaar nog nie vergeet het nie.

Die Sondagskooljuffrou het twee groot harte uit materiaal gemaak, een swart, en een wit. Die wit hart het sy met veertjies gevul, en die swart hart met klippe. Só het sy die konsep van sonde, belydenis en vergifnis aan ons verduidelik. Soos 'n mens sonde bely, haal sy elke keer 'n klippie uit die swart hart, en voeg 'n veertjie by die wit hart. So 'n eenvoudige konsep, maar 'n hele nuwe wêreld het net daar vir my oopgegaan.

Natuurlik is ek toe nooit weer terug na my ou Sondagskool nie. Ek kon nie wag om die volgende Sondag weer na my nuwe Sondagskool toe te gaan nie, en so was dit regdeur my hele skoolloopbaan.

As een Sondagskoolles so ‘n impak op iemand se lewe kan hê, kan jy jou voorstel wat 'n jaar kan doen?



Hoop julle geniet dit!

Groete
Annemie


No comments:

Post a Comment