Friday, July 13, 2012

Gehoorsaamheid

Een van die belangrikste faktore wat ons geestelike lewe beinvloed is gehoorsaamheid en ongehoorsaamheid kan ons baie duur te staan. Die Here verwag van ons absolute gehoorsaamheid en Hy verwag selfs gehoorsaamheid van die winde en die see. Hy verwag ook dat die volke aan Hom gehoorsaam sal wees : Gen 49:10 .. totdat Silo kom en aan Hom sal die volke gehoorsaam wees.

Deur ongehoorsaamheid het die volgense mense baie skade gelei:
- Adam en Eva : Gen 3:17 .. Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou .. (en nie na my gebod nie) .. vervloek is die aarde om jou ontwil.
- Saul : 1 Sam 15:23 Omdat jy die woord van die Here verwerp het , het Hy jou as koning verwerp.
- Ongehoorsame profeet : 1 Kon 13:21 Omdat jy wederstrewig was teen die mond van die Here, maar omgedraai en brood geeet het .. sal jy nie in die graf van jou vaders kom nie .. toe kom ‘n leeu hom teë op die pad en maak hom dood.
- Israel : Jos 5:6 .. wat nie aan die stem van die Here gehoorsaam was nie; vir wie die Here gesweer het dat hy hulle die land nie sou laat sien wat Hy hulle vaders met ‘n eed beloof het nie.


Om te luister na die stem van die Here bring baie seeninge.
- Abraham : Gen 26:4 En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
- Paulus sê Hand 26:19 Daarom koning Agrippa was ek aan die hemelse gesig nie ongehoorsaam nie – en kyk wat was die heerlike gevolge
- Ons : Hebr 5:9 En nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, ‘n bewerker van ewige saligheid geword.
- En ons is sy getuies van hierdie dinge, en ook die Heilge gees wat God gegee het aan die wat Hom gehoorsaam is.

Aan wie moet ons gehoorsaam wees :
- Petrus 3:6 Vroue moet aan hulle mans gehoorsaam wees soos Sara aan Abraham gehoorsaam was.
- Hebr. 13:17 Wees gehoorsaam aan julle voorgangers .. want hulle waak vir julle siele.
- Wees gehoorsaam aan owerhede en magte Titus 3:1 Herinner hulle daaraan om gehoorsaam te wees aan owerhede en magte
- Ons as diensknegte moet ons here na die vlees gehoorsaam wees. Kol 3:22 – en ons is almal diensknegte.
- Ons moet ons ouers gehoorsaam wees : Kol 3:20 Kinders julle moet julle ouers gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.
- Gal 3:1 Ons moet die waarheid gehoorsaam wees.
- Hand 5:29 Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense. 
       - Ons moet gehoorsaam wees aan die evangelie ..  Thes 1:8 God gaan wraak oefen op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus nie gehoorsaam was nie.
       - Ons moet die voorbeeld volg van die Here Jesus wat tot die dood toe gehoorsaam was. Filipense 2:8 .. het Hy Homself verneder deur gehoorsaam te word tot die dood toe, ja , die dood van die kruis. – Is ons bereid om onsself te verneder deur gehoorsaam te wees.
       - Ons moet veral aan die Heilige gees gehoorsaam wees (tot die dood toe) anders weerstaan en bedroef ons die Heilige Gees en later verlaat hy on,s en is ons vinnig oppad na die verderf.

No comments:

Post a Comment