Sunday, July 15, 2012

Lofsang op die Genade van God

Mense (veral in die wêreld maar ook onder bekeerdes) dink dat as hulle iets verkeerd doen gaan God hulle straf.  Niks kan verder van die waarheid af wees nie.

Die Bybel ondersteun wel die gedagte van vergewing en straf in Gen 34:7 .. wat die goedertierenheid bewaar vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
'n Mens moet hierdie skrif in konteks sien van die wet wat geheers het in die ou testament. Daar is in die nuwe testament nie sprake van straf vir mense weens hulle ouers se oortredinge nie.


Hoe absurd en nutteloos sou die dood van die Here Jesus wees, as hy ons vergewe en tog nog straf ook. Ek sou dan vry wees om my broer ook te straf nadat ek hom vergewe het, maar die skrif sê in Matt 18:35 .. vergewe mekaar van harte (dink u dit sluit straf in).
Dat daar wel sogenaamde strafgerigte is, wat oor mens kom is die natuurlike wet van oorsaak en gevolg wat beteken dat as jy iets doen het dit 'n gevolg en  volgens Rom 1:27 .. ontvang mens die noodwendige vergelding van jou dwaling …

Omdat God alle dinge geskep het, kan ons in 'n sekere sin sê God straf ons, maar in 'n ander sin het 'n gedeelte van die skepping buite die wil van God geraak toe Hy die duiwel uit die Hemel gegooi het.

Daar sal wel eendag straf wees en die skrif praat in Matt 25:46 van die ewige straf in dieselfde sin as die ewige lewe. Dit sien op die straf na die laaste oordeel, wat geskoei sal wees op 'n aanklag (deur die duiwel), 'n pleidooi deur myself gesteun deur die getuienis van 'n betroubare getuie soos wat ons neem as ons sonde bely.

Ek het voorheen daarop gewys dat liefde die wese van God is en dat dit nie 'n eienskap van Hom is nie. As gevolg hiervan KAN God ons nie nou straf nie. As mens van straf praat praat jy van 'n aanklag, 'n skuldig bevinding en 'n genadelose voltrekking van 'n vonnis. Hierdie is beslis nie God se styl nie. As ons op aarde oortree word ons gewoonlik regverdiglik aangekla, verhoor, skuldig bevind en geoordeel, hoeveel te meer sal God dit nie doen nie. Hoeveel keer het u al gesien dat God hierdie proses met mense volg - ek het nog nie.
Aangesien God se liefde vir die mens so oorweldigend is en genade 'n eienskap van die liefde is, is sy genade ook allesoorheersend op die mensdom (bekeerd en onbekeerd). Jak 2:13 - Sy barmhartigheid roem teen die oordeel - nie sy oordeel nie. (Moenie straf en tugtiging met mekaar verwar nie - dit is twee verkillende dinge.)

Dit lyk vir my dat God spesiaal besluit het om in hierdie dispensasie van genade niemand te oordeel nie. Rom 8:34 - Wie is dit wat veroordeel. (Bedoelende niemand nie). Christus is dit wat gesterf het, ja meer nog, wat opgewek is,… wat vir ons intree. Dit is duidelik dat die rol van Christus as middelaar die enigste aspek is wat aandag verdien in hierdie hoofstuk van sy liefde.

Ek vind as bevestiging die skrif in Job 24:1 Waarom het die Almagtige vir Hom geen geregstye voorbehou nie, en sien die wat Hom ken, nie sy geregsdae nie? In Job 23:8 soek Job die Here om sy regsaak aan die Here voor te lê, maar tevergeefs.

KYK, ek gaan na die ooste, en Hy is nie daar nie; en na die weste, maar ek bemerk Hom nie. As Hy in die noorde werk, aanskou ek Hom nie; buig Hy af na die suide, dan sien ek Hom nie. Die Here is dus nie beskikbaar vir 'n regsaak nie - maar net vir genade, want Hy s elkeen wat Hom soek (uitgesonderd vir regsake - my invoeging) sal Hom vind.

Ons word dan selfs geleer om te seën met die woorde van Openb. 22:21 : Die genade van onse Here Jesus sy met julle almal. En in 2 Petrus 1:2 staan .. Mag genade en vrede vir julle vermeerde word deur die kennis van God en Jesus. Daar is trouens 188 verwysings in die ou vertaling van die bybel oor genade en net 36 van straf. 1 Petrus 5:10 staan … en mag die God van alle genade self … julle volmaak, bevestig, versterk en grondves. Trouens die evangelie (Hand 20:24) is die evangelie van die genade van God.

Ons is in vryheid geroep, m.a.w. nie wetsgebonde nie. Want julle is tot vryheid geroep, broeders; gebruik net nie julle vryheid as ’n aanleiding vir die vlees nie, maar dien mekaar deur die liefde (want die liefde sluit straf uit - 1 Joh 4:18 … Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

Sy genade is selfs vir heidene. In Job 40:7 s God vir Job - as jy dan die wereld wil regeer, vernietig dan die goddelose dan sal ook Ek jou loof (bedoelende Hy kan dit nie doen nie want Hy het hulle te lief)

Sy genade is vir ons genoeg. (2 Kor 12:9)

No comments:

Post a Comment